Stawende Dokumente

Stawende Dokumente

Stawende Dokumente

Is u eis al ingedien? Uitstekend! Om te verseker dat alles maklik en spoedig verloop benodig ons egter stawende dokumentasie. Afhangende van die tipe eis, benodig ons die volgende:

Algemene artikels: verloor of beskadig

  1. Faktuur (indien u die item reeds vervang of herstel het).
  2. Kwotasie vir vervanging.
  3. Kwotasie vir herstelwerk.
  4. In die geval van skade: Skadeverslag van die hersteller wat bevestig waaraan die skade toegeskryf word, sowel as kostes ter sprake.

Algemene artikels: diefstal (Selfone met simkaarte uitgesluit, sien 5.4)

  1. Faktuur (indien u die item reeds vervang of herstel het).
  2. Volledige lys van gesteelde items.
  3. Kwotasies vir vervanging van die items soos gespesifiseer aan die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP). Kwotasies moet volledige beskrywing van die items bevat.
  4. Saaknommer soos by die polisie aangemeld
  5. By watter SAP-kantoor is die voorval aangemeld?
  6. Wie is die ondersoekbeampte, sowel as sy/haar kontaknommer?

Selfoon beskadig

  1. Skadeverslag van tegnikus en kostes vir die herstel. Volledige inligting van die selfoon moet asseblief op die verslag aangebring word.

Selfoon met simkaart in gesteel

  1. Die selfoonnommer van die simkaart.
  2. Saaknommer en naam van die polisiestasie waar dit aangemeld is
  3. Die foon moet geblok word deur u diensverskaffer. Skriftelike bevestiging hiervan word benodig. U diensverskaffer sal u hiermee bystaan.
  4. Inligting oor die simkaart, soos grootte. (bv. 8, 16, 31 Gig)
  5. IMEI-nommer van die gesteelde foon.
  6. Geskrewe kwotasies van kostes om die foon te vervang.

Inbraak by u woning

  1. Alarmverslag van maatskappy wat bevestig dat die alarm wel afgegaan het (slegs van toepassing indien die alarmvoorwaarde op u polis uiteengesit is).
  2. Volledige lys van alle items waarvoor u wil eis.
  3. Geskrewe kwotasies vir die vervanging van die items. NEEM ASSEBLIEF KENNIS DAT KWOTASIES VIR DIESELFDE MODEL, OF DAAROPVOLGENDE MODEL INDIEN DIE BESTAANDE EEN NIE MEER BEKSIKBAAR IS NIE, MOET WEES.
  4. SAP-saaknommer, watter polisiestasie dit aangemeld is sowel as die naam van die ondersoekbeampte.
  5. Waardasie sertifikate indien u dit tot u beskikking het.
  6. Enige bewys van aankope van die items wat gesteel is.

Net my skootrekenaar is gesteel!

  1. Verskaf asseblief ‘n volledige beskrywing van die skootrekenaar en alle toerusting wat u saam met dit gehad het.
  2. Wees so spesifiek moontlik in u beskrywing wat die volgende betref: Maak, Model, RAM, Geheue kapasiteit en CPU-Spoed van die harde skryf.
  3. SAP-saaknommer, by watter polisiestasie is dit aangemeld en wie die ondersoekbeampte is.