Oor Ons

Oor Ons

Hoekom ons besigheid vertrou

Die maatskappy is 28 jaar gelede gestig met die visie om die ongerief wat met korttermynversekering geassosieer word uit die weg te ruim. Hierdie doel word bereik deur relevante (en dikwels unieke) produkte, gerugsteun met uitstekende diens, aan te bied.

Ons webwerf vervang nie die warmte en persoonlike kontak waarvoor ons bekend staan nie.  Inteendeel bied dit ‘n vinnige kanaal om u administratiewe inligting in te dien en skep ‘n geleentheid vir u om gemaklik meer inligting te bekom.

Vereenvoudigde administratiewe en -eisprosedures stel ons in staat om u behoeftes vinniger te verwerk en vervul.

Indien u hierdie webwerf vir die eerste keer besoek, vertrou ons dat u korttermynbehoeftes deur een van ons kundiges beantwoord word. Graag nooi ons u as gewaardeerde kliënt uit om meer inligting rakende batebeskerming hier te bekom, siende dit die minste van u bekommernisse behoort te wees.