Kommersiële Versekering

Produkte

Kommersiële Versekering

Snyman & Van der Vyver bied Kommersiële Korttermynversekering vir alle soorte besigheid aan.

Ons doelwitte:

  • Om u risiko’s te verstaan en advies en leiding oor alle soorte sakeversekering te gee.
  • Individuele bedinging en onderskrywing van elke risiko.
  • Om deur middel van u voorkeurkommunikasiewyse deurlopende naverkoopdiens te lewer.
  • Om namens u met die Versekeraar te onderhandel oor tariewe / vereistes / eisekwessies.

Voordele:

  • ‘n Aangewese interne konsultant – nie ‘n oproepsentrum nie – om u sakeversekeringsbehoeftes namens u te bestuur.
  • Keuse van diensaanbiedinge: persoonlike besoeke / elektroniese vergaderings (TEAMS) / per telefoon of e-pos.
  • Minstens jaarlikse hersiening om te verseker dat dekking bygewerk en risiko’s bespreek word
  • ‘n Adviesrekord ná elke hernuwing om te bevestig wat bespreek is / watter veranderinge in u polis aangebring is.
  • Advies en diens deur ‘n Kommersiële span met gesamentlike kommersiële ondervinding van meer as 90 jaar.

Produkaanbod:

  • Alle soorte kommersiële / kleinhandel- / nywerheidsversekering.
  • Alle soorte landbou- / boereversekering.
  • ‘n Spesialisproduk vir gemeenskapslewe vir liggame met regspersoonlikheid / huiseienaarsverenigings.
  • Gasvryheids- en ontspanningsprodukte vir hotelle, restaurants, gastehuise, konferensiesentrums, gholfklubs, vakansie-oorde, wildreservate, ens.
  • Allesomvattende versekering vir kontrakteurs.
  • Seeversekering (goedere in transito; bote / seiljagte).