Geskiedenis

Geskiedenis

Ons wortels

‘n Jaar nadat Jannie Snyman die maatskappy op 1 November 1988 gestig het, het Joe van der Vyver by hom aangesluit. Beide was voorheen Hoof Bestuurders (Bemarking) by Sanlam en het saam meer as 60-jaar se ondervinding in die industrie.

Tydens besoeke aan oorsese maatskappye, het die stigter waardevolle insig bekom oor wat die veelbesproke term “diens” behoort te behels. Hoewel dié woord vandag universeel gebruik word, kan enkele besighede hul daarop roem dat hul kliënte daagliks puik, gehalte diens ontvang.

Die passie om waarlik kwaliteit diens te lewer was gevolglik die dryfveer waarmee Snyman & Van der Vyver gestig is. Trouens is “diens” steeds die doelgerigte maatstaf wat die maatskappy laat groei en ons verplig om daagliks ons denke en prosesse te skaaf.

Terugblik

Ons voel geseënd en nederig dankbaar om die volgende mylpale in ons loopbaan voor te hou:

  • 1988: Jannie Snyman loods die maatskappy met een doel voor oë – om korttermynversekeringkliënte met hul puik, passievolle kliëntediens tevrede te stel.
  • 1992: Die verdeling van risiko-poele begin en die TOP 500-skema word in plek gestel.
  • 1997: ‘n Volwaardige afdeling vir kommersiële versekering word gestig.
  • 2001: ‘n Nuwe departement vir die hantering van professionele vrywaringsversekering kom tot stand.
  • 2011: Die aantal kliënte vir persoonlike lyne bereik die 3000 kerf.
  • 2018: Word Santam se eerste franchise.
  • 2019: 30-Jarige Herdenking.
  • 2019: Santam het 100% aandele in Snyman & van der Vyver Finansiële Diens verkry.

Snyman & Van der Vyver skryf hul prestasie van vervulde drome en die visie vir ‘n blink toekoms aan een volgehoue en kragtige waarde toe — ‘n passie vir uitnemende diens.