
04 Sep Tref voorsorg
Een van die standaard-vereistes wanneer dit by huis-, inhoud-, motor- en reis-versekering kom, is dat die eienaar met redelike verantwoordelikheid na sy versekerde eiendom sal omsien. Hierdie vereiste verseker dat die eienaar waaksaam en voorkomend sal optree ten einde verlies te beperk.
Volgens Aletta Harding, Persoonlike lyne bestuurder by Snyman en van der Vyver, is dit ‘n gegewe dat die risiko tydens bou-, herstel- of opknappingswerk aan jou huis verhoog.
“Sodra ‘n aantal mense en vreemdelinge op ‘n eiendom werksaam is, verhoog die risiko om verliese te lei vanselfsprekend. Hierdie risiko kan bestuur word deur waardevolle items toe te sluit, verkieslik in ‘n kluis. Juweliersware in die besonder kan só beveilig word. Dit is belangrik dat die klient homself vergewis van sy eie verantwoordelikheid asook wat die terme van die kontrak behels. Kliente kan ons gerus kontak vir her-evaluering om gemoedsrus te verseker.”