
28 Nov Sluit & ry
Posted at 06:49h
in Nuus
Die somervakansie is op ons en dis die ideale tyd om alles toe te sluit en vir ‘n welverdiende blaaskans weg te breek. Die laaste ding waaroor u uself egter wil bekommer is probleme wat opduik terwyl u weg is.
Wat om te doen voordat u weggaan:
- Maak seker u huis is toegesluit en veilig.
- Sluit alle vensters en deure.
- Toets u alarm en maak seker dit is aangeskakel.
- Bewaar waardevolle items soos juweliersware in ‘n geslote kluis.
- Skakel u geiser af.
- Vra iemand om u pos uit te haal.
- Kanselleer koerantaflewerings vir die tydperk wat u weg van die huis af gaan wees.
- Gee ‘n stel sleutels aan ‘n buurman in geval van nood.
Santam gee u ook gedurende hierdie tydperk gemoedsrus.
Gedurende die vakansietyd verleen hulle bykomende beskerming aan bestaande kliënte deur tussen 15 Desember 2016 en 31 Januarie 2017 outomaties bykomende dekking van 10% op huisinhoud te bied, teen geen bykomende koste.