
28 Sep Dit handel nie oor wat ons verkoop nie, maar wie ons is
Posted at 07:07h
in Nuus
Siende meeste gebruikers vandag mobiele toestelle gebruik om die internet te besoek, was dit nodig dat ons webwerf aanpasbaar word. Dit het ‘n volledige opgradering verlang en daarom het Snyman en Van Der Vyver besluit om ons benadering ook te hersien. Ons wou graag beklemtoon wat dit beteken om ‘n gedugte, kliënt-georiënteerde span soos Snyman en Van der Vyver agter jou te hê. In kort wil ons graag dat u moet ontspan terwyl ons na u belange omsien.
Die webwerf se samestelling is gegrond op ons kliënte se behoeftes; net soos dit veronderstel is om te wees en beslis hoe ons dit by Snyman en Van der Vyver benader.