Sluit & ry

Sluit & ry

Die somervakansie is op ons en dis die ideale tyd om alles toe te sluit en vir ‘n welverdiende blaaskans weg te breek. Die laaste ding waaroor u uself egter wil bekommer is probleme wat opduik terwyl u weg is.

Wat om te doen voordat u weggaan:

  • Maak seker u huis is toegesluit en veilig.
  • Sluit alle vensters en deure.
  • Toets u alarm en maak seker dit is aangeskakel.
  • Bewaar waardevolle items soos juweliersware in ‘n geslote kluis.
  • Skakel u geiser af.
  • Vra iemand om u pos uit te haal.
  • Kanselleer koerantaflewerings vir die tydperk wat u weg van die huis af gaan wees.
  • Gee ‘n stel sleutels aan ‘n buurman in geval van nood.

Santam gee u ook gedurende hierdie tydperk gemoedsrus.

Gedurende die vakansietyd verleen hulle bykomende beskerming aan bestaande kliënte deur tussen 15 Desember 2016 en 31 Januarie 2017 outomaties bykomende dekking van 10% op huisinhoud te bied, teen geen bykomende koste.

No Comments

Post A Comment

4 × three =